1. Dit was amper tyd vir die Paasfees. Jesus het geweet dit was tyd om weg te gaan van hierdie wêreld en terug te gaan na sy Vader toe. Alles wat Jesus tot daardie dag gedoen het, het gewys dat Hy lief was vir die mense wat aan Hom behoort het en wat in die wêreld was. Jesus het tot die einde sy liefde vir hulle gewys, Hy het dit heeltemal gewys toe Hy aan die kruis gesterf het.
2. Jesus en die dissipels was besig om te eet. Die duiwel het toe al klaar vir Judas die plan gegee om Jesus te verraai.
3. Jesus het geweet dat die Vader gesê het Jesus mag oor alles en almal regeer. Jesus het ook geweet Hy self kom van God en Hy gaan weer terug na God toe.