Johannes 12:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ses dae voor die Paasfees het Jesus na Betanië gegaan. Betanië was die plek waar Lasarus gewoon het. Jesus het voorheen vir Lasarus weer laat lewe nadat Lasarus gesterf het.

2. Die mense het vir Jesus ’n ete gemaak. Marta het die kos bedien en Lasarus was een van die mense wat saam met Jesus geëet het.

3. Maria het ’n halwe liter lekkerruik-olie gebring. Die olie was baie duur, want dit was regte nardus-olie. Maria het die olie op Jesus se voete gegooi en sy het toe Jesus se voete afgedroog met haar hare. Die hele huis het lekker geruik.

4. Judas Iskariot was een van Jesus se dissipels. Hy was die dissipel wat later vir Jesus verraai het. Hy het gesê:

Johannes 12