Job 31:27-40 Bybel vir Almal (ABA)

27. en ek het my nie dan laat verlei nie.Ek het nie vir hulle soene gegooi met my handen hulle gedien wanneer niemand kyk nie.

28. As ek dit gedoen het,dan het ek sonde gedoen,en dan moet God my straf,want dan was ek vals teen Hom.

29. Ek was nie bly wanneerdit skielik sleg begin gaan hetmet mense wat my haat nie,ek het nie gejuig wanneer hullebegin swaarkry nie.

30. Ek het nie die sonde gedoenom daardie mense te vervloek nie.

31. Die mense wat in my huis gekom het,het nooit honger weggegaan nie,

32. ek het nie vreemdelinge buite laat slaap nie,ek het my deur oopgemaak vir mensewat by my huis verbygekom het.

33. Ander mense probeer wegsteekwanneer hulle verkeerd gedoen het,ek het dit nie gedoen nie.

34. Ek was nie bang vir wat mense sal sê nie,ek het nie geskrik omdat ander familiesmiskien kon dink dat ek nie belangrik is nie.Ek het nie stilgebly en in die huis gebly nie.

35. Ek wens dat iemand na my wou luister!Ek teken my naam,ek sê dat ek die waarheid gepraat het.Die Almagtige moet my nou antwoord.Die persoon wat my wil beskuldig,moet skryf wat ek gedoen het.

36. Ek sal die dinge wat hy skryf,vir almal wys, ek sal dit op my skouers draen op my kop.

37. Ek sal elke ding sê wat ek gedoen het,ek sal voor die persoon staan soos ’n leierwat vir niks bang is nie.

38. Ek het in grond gewerk,ek het dit geploeg,maar ek het betaalvir die koring-oes wat ek afgesny het.

39. Dit is ander mense se grond,maar hulle het genoeg gekry om te eet,hulle het nie baie swaar gekry nie.

40. As ek verkeerd gedoen het aan hulle,dan moes daar dorings en onkruid gegroei heten nie koring en gars nie.”Job het toe klaar gesê wat hy wou sê.

Job 31