18. Ja, ek was altyd soos ’n pa vir weeskindersen ek het weduwees altyd gehelp.
19. Wanneer ek gesien het dat ’n arm mensnie klere het nie en dat hy koud moet slaap,
20. dan het ek vir hom klere gegeevan my eie skape se wol,en hy het vir my dankie gesê.
21. Ek het nie my vuis vir ’n weeskindgewys nie,ook nie wanneer ek gesien het datdie ander mense in die poortsal sê dat dit reg is nie.
22. As ek dit gedoen het,dan moet iemandmy arms breek en uit my skouers ruk.
23. Ja, ek was bang dat God my sal straf,ek sou nie voor Hom, die Koning, kon staan nie.
24. Ek het nie gedink dat goud my sal beskermsodat dit goed sal gaan met my nie.
25. Ek was nie hoogmoedig omdat ek ryk wasen baie goed bymekaargemaak het nie.
26. Ek het nie na die son gekyk wat so helder skynof na die maan wat so blink,
27. en ek het my nie dan laat verlei nie.Ek het nie vir hulle soene gegooi met my handen hulle gedien wanneer niemand kyk nie.
28. As ek dit gedoen het,dan het ek sonde gedoen,en dan moet God my straf,want dan was ek vals teen Hom.
29. Ek was nie bly wanneerdit skielik sleg begin gaan hetmet mense wat my haat nie,ek het nie gejuig wanneer hullebegin swaarkry nie.
30. Ek het nie die sonde gedoenom daardie mense te vervloek nie.
31. Die mense wat in my huis gekom het,het nooit honger weggegaan nie,
32. ek het nie vreemdelinge buite laat slaap nie,ek het my deur oopgemaak vir mensewat by my huis verbygekom het.
33. Ander mense probeer wegsteekwanneer hulle verkeerd gedoen het,ek het dit nie gedoen nie.
34. Ek was nie bang vir wat mense sal sê nie,ek het nie geskrik omdat ander familiesmiskien kon dink dat ek nie belangrik is nie.Ek het nie stilgebly en in die huis gebly nie.
35. Ek wens dat iemand na my wou luister!Ek teken my naam,ek sê dat ek die waarheid gepraat het.Die Almagtige moet my nou antwoord.Die persoon wat my wil beskuldig,moet skryf wat ek gedoen het.
36. Ek sal die dinge wat hy skryf,vir almal wys, ek sal dit op my skouers draen op my kop.
37. Ek sal elke ding sê wat ek gedoen het,ek sal voor die persoon staan soos ’n leierwat vir niks bang is nie.
38. Ek het in grond gewerk,ek het dit geploeg,maar ek het betaalvir die koring-oes wat ek afgesny het.