Job 29:3-11 Bybel vir Almal (ABA)

3. God het sy lig oor my laat skyn,en ek het geweet waar om te loopwanneer dit donker was.

4. Ek was toe jonk en sterk,en God was saam met my in my huis.

5. Die Almagtige was by my,en my kinders was rondom my.

6. Ek het lekker gelewe,daar was genoeg melk,meer as genoeg,en daar was strome olyf-olie.

7. Wanneer ek na die poort van die stad gegaan heten op die oop stuk grond gaan sit het,

8. dan het die jongmans’n entjie weg gaan staan,en die ou mans het opgestaanen bly staan.

9. Die leiers het stilgebly en hulle hetnie meer gepraat nie.

10. Die belangrike mense hetopgehou praat en hulle hetnie weer iets gesê nie.”

11. “Mense wat my gehoor en gesien het,het my gelukgewens en hulle het goeie dingeoor my gesê.

Job 29