1. Job het weer begin praat. Hy het gesê:
2. “Ek wens ek was nog soos lank gelede,soos in die tyd toe God my beskerm het.
3. God het sy lig oor my laat skyn,en ek het geweet waar om te loopwanneer dit donker was.
4. Ek was toe jonk en sterk,en God was saam met my in my huis.
5. Die Almagtige was by my,en my kinders was rondom my.
6. Ek het lekker gelewe,daar was genoeg melk,meer as genoeg,en daar was strome olyf-olie.
7. Wanneer ek na die poort van die stad gegaan heten op die oop stuk grond gaan sit het,