Job 22:6-20 Bybel vir Almal (ABA)

6. Ja, jy het jou eie mense se klere gevat,ook toe hulle niks vir jou geskuld het nie,jy het arm mense kaal laat loop.

7. Jy het nie water gegee vir mensewat moeg is nie,jy het nie kos gegeevir honger mense nie.

8. Al die grond behoortaan die man wat ryk en sterk is,en sy vriende woon daarop.

9. Jy het niks gegee vir weduwees nie,jy het weeskinders se goed gevat.

10. Dit is hoekom daar vangstrikke om jou is,dit is hoekom jy nou baie bang geword het.

11. Dit het vir jou so donker geworddat jy niks kan sien nie.Dit is soos wanneer daar baie wateroor jou vloei.

12. Jy dink dat God ver bo in die hemel is,ja kyk, Hy is bokant die sterre wat baie hoog is.

13. En jy vra: ‘Wat weet God?Kan Hy deur die donker wolke sienom mense te oordeel?’

14. Jy dink dat die wolke Hom toemaaksodat Hy nie kan sien nie,jy dink dat Hy bokant die hemeldak loop.

15. Wil jy dan aanhou lewesoos die mense wat vóór jou gelewe het,die mense wat sleg gelewe het?

16. Daardie mense het gesterf toe hullejonk was,hulle was soos huise wat weggespoel het.

17. Hulle het vir God gesê: ‘Gaan weg van ons!’Hulle het gesê: ‘Wat kan die Almagtige aan ons doen?Niks.’

18. Hulle het dit gesê vir Homwat hulle ryk gemaak het.Die mense wat verkeerd doen,dink nie soos ek dink nie.

19. Mense wat reg doen,die onskuldige mense, is blyen hulle lag wanneer hulle siendat God die sondaars straf.

20. Die mense wat reg doen, sê dan:‘Ons vyande is dood,en alles wat hulle gehad het,het verbrand.’

Job 22