Job 12:4-9 Bybel vir Almal (ABA)

4. My vriende lag nou vir my.Ek het na God geroep en gevradat Hy my moet antwoord.Ek het heeltemal reg gelewe,maar hulle lag vir my.

5. As iemand self lekker lewe, dan dink hydat hy kan spot met ’n man wat swaarkry,hy dink dat hy kan trap op ’n man wat val.

6. Die mense wat alles wil verwoes,woon stil en rustig,hulle is nie bekommerd nie.Die mense wat vir God kwaad maak,voel veilig,hulle dink dat hulle met God kan doenwat hulle wil.”

7. “Maar jy moet vir die diere vra,hulle sal vir jou leer,die voëls sal dit vir jou sê,

8. jy moet vir die plante op die grond vra,hulle sal vir jou leer,die visse sal dit vir jou sê.

9. Hulle almal weet dat die Herehierdie dinge laat gebeur,

Job 12