5. Ek wens dat God self wil antwoord,ek wens dat Hy met jou wil praat
6. en dat Hy die geheime van die wysheidvir jou wil vertel,want ware wysheid het baie geheime.Jy moet weet dat God jou nie straf oor alleswat jy verkeerd gedoen het nie.
7. Kan jy uitvind hoe groot God is,kan jy uitvind of daar ’n plek iswaar die Allerhoogste God nie regeer nie?
8. Jy kan soek, hoër as die hemel,dieper as die doderyk,maar jy sal nie kan uitvind hoe groot God is nie.
9. Jy sal dit ook nie kan uitvind as jyverder soek as die aarde en die see nie.
10. Wie kan vir God keerwanneer Hy verbykomen Hy sluit iemand toe in die tronken Hy roep mense bymekaarom die persoon te oordeel?
11. Want God ken skynheilige mense,Hy weet wanneer iemand verkeerd doen.
12. ’n Dwaas kan nie verstandig word nie,en ’n wildedonkie se vulis nie ’n mens wanneer hy gebore word nie.
13. Job, as jy verstandig wil weesen jy steek jou hande uit na God en jy bid,
14. as jy ophou om verkeerd te doenen daar is nooit sonde in jou huis nie,
15. dan sal jy onskuldig wees,jy sal nie skaam wees nie.Jy sal sterk wees en jy sal vir niksbang wees nie.
16. Want jy sal vergeet dat jy swaargekry het,jy sal dink dat dit soos water iswat verbygevloei het.
17. Die lig sal weer skyn in jou lewe,die donker dinge sal verander in lig.
18. Jy sal weer kan hoop,jy sal rondkyk en dan sal jyrustig gaan slaap.