1. Sofar van die land Naäma het begin praat. Hy het gesê:
2. “Jy het baie gepraat,en iemand moet jou antwoord,niemand moet dink dat jy reg wastoe jy dit alles gesê het nie.
3. Ons kan nie stilbly wanneer jyal hierdie dinge sê nie,jy het gespot, en iemand moet wysdat jy verkeerd is.
4. Jy sê jy verstaan dinge reg,jy sê God weetdat jy onskuldig is.
5. Ek wens dat God self wil antwoord,ek wens dat Hy met jou wil praat
6. en dat Hy die geheime van die wysheidvir jou wil vertel,want ware wysheid het baie geheime.Jy moet weet dat God jou nie straf oor alleswat jy verkeerd gedoen het nie.
7. Kan jy uitvind hoe groot God is,kan jy uitvind of daar ’n plek iswaar die Allerhoogste God nie regeer nie?
8. Jy kan soek, hoër as die hemel,dieper as die doderyk,maar jy sal nie kan uitvind hoe groot God is nie.
9. Jy sal dit ook nie kan uitvind as jyverder soek as die aarde en die see nie.
10. Wie kan vir God keerwanneer Hy verbykomen Hy sluit iemand toe in die tronken Hy roep mense bymekaarom die persoon te oordeel?