10. Julle maak saam planne, julle praat wat julle wil doen, maar julle planne sal nie slaag nie, want God is by ons.”
11. Die Here het my, Jesaja, vasgevat met sy sterk hand. Hy het gesê ek moenie doen wat hierdie volk doen nie. Hy het vir my gesê:
12. “Hierdie volk sê ander mense maak planne teen hulle, maar julle moenie ook so sê nie. Hulle het geskrik, maar julle moenie ook bang wees nie.”
13. Julle moet net vir die Here bang wees, die Here wat oor alles regeer. Hy is die heilige God,
14. en Hy sal julle beskerm.Maar Hy sal vir Israel en Juda ’n klip wees waarteen hulle stamp en waaroor hulle val. Hy sal vir die mense wat in Jerusalem woon, ’n vangnet wees.
15. Baie van daardie mense sal val en in die vangnet vassit, en hulle sal sterf.
16. My leerlinge het gehoor wat ek gesê het en wat ek vir hulle geleer het, maar hulle moenie daaroor praat nie.
17. Die Here is nou kwaad vir die nageslag van Jakob, maar ek, Jesaja, sal aanhou wag totdat Hy help, ek sal aanhou hoop.
18. Hier is ek en die kinders wat die Here vir my gegee het. Ons is die tekens wat vir die Israeliete wys dat die Here op Sionsberg woon, die Here wat oor alles regeer.
19. Party mense sê julle moet vir die geeste van dooie mense vra wat julle moet doen. Maar ’n volk moet vir hulle God vra wat hulle moet doen. Hulle moenie vir dooie mense vra wat is goed vir mense wat lewe nie.
20. Julle moet weet wat die Here wil hê julle moet doen en julle moet luister na wat Hy vir julle wil sê. Iemand wat nie vir God vra wat hy moet doen nie, sal nie lewe tot die volgende dag nie.
21. Hy sal swaarkry en hy sal honger wees, en wanneer hy honger is, dan sal hy kwaad word en hy sal sy koning en sy gode vervloek. Hy sal na die lug
22. en na die grond kyk, maar niemand sal hom help nie. Hy sal net swaarkry en dit sal vir hom donker wees. Dit sal baie donker word.