Jesaja 66:18-21 Bybel vir Almal (ABA)

18. Ek weet wat hulle doen en wat hulle dink.Ek sal komen al die volke bymekaarmaak.En hulle sal kom en hulle sal weetdat Ek God is.”

19. “Ek sal ’n teken vir hulle gee, en Ek sal party van hulle wat oorgebly het, stuur na die volke wat ver is en wat nog nie gehoor het van My nie, die volke wat nie weet dat Ek God is nie. Hulle sal vir die mense van die lande Tarsis en Pul vertel dat Ek God is, ook vir die mense van Lud wat so goed met ’n pyl en boog kan skiet, en ook vir die mense van Tubal en Griekeland.

20. Hulle sal julle familie bring uit al die volke. Hulle sal kom op perde en oorlogkarre en dra-stoele en muile en kamele. Hulle sal kom na my gewyde berg, na Jerusalem. Hulle sal ’n present vir My wees, soos die koring-offer wat die Israeliete na die tempel bring in ’n rein skottel.

21. Ek sal party van hulle kies om my priesters en Leviete te wees.” Dit sê die Here.

Jesaja 66