Jesaja 65:5-14 Bybel vir Almal (ABA)

5. maar hulle sê:‘Moenie naby ons kom nie,moenie aan ons raak nie,want ons is gewyd.’Hierdie mense is soos rookin my neus,soos ’n vuur wat die hele dagaanhou brand.

6. Ek het dit opgeskryf.Ek sal nie stilbly nie,Ek sal hulle straf.Ek sal hulle straf

7. oor hulle eie sondesen oor die sondes van hulle voorvaderswat op die berge wierook gebrand heten My beledig het.Ek sal hulle straf oor hulle sondeswat hulle voorheen gedoen het.”

8. Maar die Here sê ook:“Wanneer iemand druiwekorrelsin ’n druiwetros krywat wyn kan word,dan sê hy: ‘Moenie dit weggooi nie,ons moet dit hou.’Ek sal dieselfde doen met my dienaars,Ek sal nie almal weggooi nie.

9. Ek sal vir Jakob, vir Juda,’n nageslag gee wat my berg kan kry.Die berg sal behoort aan die mensewat Ek gekies het en wat My dien,hulle sal daar woon.

10. My mense sal vrawat Ek wil hê hulle moet doen,en hulle skape en bokke en beestesal in Saron en in die Akor-valleiwei en genoeg eet.

13. Ja, die Here sê:“My dienaars sal kos hê om te eet,maar júlle sal honger wees,my dienaars sal water hê om te drink,maar júlle sal dors wees,my dienaars sal feesvier,maar júlle sal ver weg bly staan.

14. My dienaars sal juig,want hulle sal gelukkig wees,maar júlle sal skree en vradat iemand julle moet help,julle sal huil, want julle sal ongelukkig weesen baie pyn hê.

Jesaja 65