3. Hulle was mensewat My hartseer gemaak het,hulle was altyd teen My.Hulle het vir afgode offers gebring,hulle het wierook gebrandop plat klippe.
4. Hulle bly in die nag in grafte,hulle kruip daar weg.Hulle eet varkvleis,daar is onrein vleis in hulle borde,
5. maar hulle sê:‘Moenie naby ons kom nie,moenie aan ons raak nie,want ons is gewyd.’Hierdie mense is soos rookin my neus,soos ’n vuur wat die hele dagaanhou brand.
6. Ek het dit opgeskryf.Ek sal nie stilbly nie,Ek sal hulle straf.Ek sal hulle straf
7. oor hulle eie sondesen oor die sondes van hulle voorvaderswat op die berge wierook gebrand heten My beledig het.Ek sal hulle straf oor hulle sondeswat hulle voorheen gedoen het.”
8. Maar die Here sê ook:“Wanneer iemand druiwekorrelsin ’n druiwetros krywat wyn kan word,dan sê hy: ‘Moenie dit weggooi nie,ons moet dit hou.’Ek sal dieselfde doen met my dienaars,Ek sal nie almal weggooi nie.
9. Ek sal vir Jakob, vir Juda,’n nageslag gee wat my berg kan kry.Die berg sal behoort aan die mensewat Ek gekies het en wat My dien,hulle sal daar woon.