Jesaja 65:2-15 Bybel vir Almal (ABA)

2. Ek het my hande na hulle toeuitgesteek, elke dag,maar hulle was opstandige mense,hulle het ’n pad geloopwat nie goed is nie,hulle het gedoen wat hulle wil.

3. Hulle was mensewat My hartseer gemaak het,hulle was altyd teen My.Hulle het vir afgode offers gebring,hulle het wierook gebrandop plat klippe.

4. Hulle bly in die nag in grafte,hulle kruip daar weg.Hulle eet varkvleis,daar is onrein vleis in hulle borde,

5. maar hulle sê:‘Moenie naby ons kom nie,moenie aan ons raak nie,want ons is gewyd.’Hierdie mense is soos rookin my neus,soos ’n vuur wat die hele dagaanhou brand.

6. Ek het dit opgeskryf.Ek sal nie stilbly nie,Ek sal hulle straf.Ek sal hulle straf

7. oor hulle eie sondesen oor die sondes van hulle voorvaderswat op die berge wierook gebrand heten My beledig het.Ek sal hulle straf oor hulle sondeswat hulle voorheen gedoen het.”

8. Maar die Here sê ook:“Wanneer iemand druiwekorrelsin ’n druiwetros krywat wyn kan word,dan sê hy: ‘Moenie dit weggooi nie,ons moet dit hou.’Ek sal dieselfde doen met my dienaars,Ek sal nie almal weggooi nie.

9. Ek sal vir Jakob, vir Juda,’n nageslag gee wat my berg kan kry.Die berg sal behoort aan die mensewat Ek gekies het en wat My dien,hulle sal daar woon.

10. My mense sal vrawat Ek wil hê hulle moet doen,en hulle skape en bokke en beestesal in Saron en in die Akor-valleiwei en genoeg eet.

13. Ja, die Here sê:“My dienaars sal kos hê om te eet,maar júlle sal honger wees,my dienaars sal water hê om te drink,maar júlle sal dors wees,my dienaars sal feesvier,maar júlle sal ver weg bly staan.

14. My dienaars sal juig,want hulle sal gelukkig wees,maar júlle sal skree en vradat iemand julle moet help,julle sal huil, want julle sal ongelukkig weesen baie pyn hê.

15. Ek, die Here, sal julle doodmaak,maar Ek sal vir my dienaars’n nuwe naam gee.Die mense wat Ek gekies hetom Myne te wees,sal julle name gebruikas hulle mense wil vervloek.

Jesaja 65