Jesaja 65:13-25 Bybel vir Almal (ABA)

13. Ja, die Here sê:“My dienaars sal kos hê om te eet,maar júlle sal honger wees,my dienaars sal water hê om te drink,maar júlle sal dors wees,my dienaars sal feesvier,maar júlle sal ver weg bly staan.

14. My dienaars sal juig,want hulle sal gelukkig wees,maar júlle sal skree en vradat iemand julle moet help,julle sal huil, want julle sal ongelukkig weesen baie pyn hê.

15. Ek, die Here, sal julle doodmaak,maar Ek sal vir my dienaars’n nuwe naam gee.Die mense wat Ek gekies hetom Myne te wees,sal julle name gebruikas hulle mense wil vervloek.

16. Elkeen in die land wat biddat dit met hom goed moet gaan,elkeen wat iets belowe,sal my Naam noem,want Ek is die Godwat doen wat Ek belowe.Dit sal nie weer so sleg gaanmet hulle nie,Ek dink nie meer aan die dingewat voorheen gebeur het nie.”

17. “Ek sal nou ’n nuwe hemelen ’n nuwe aarde maak.Niemand sal weer dinkaan hierdie hemel en aardewat nou hier is nie,niemand sal dit onthou nie.

18. Maar julle moet vrolik weesen altyd juig oor wat Ek nou wil doen,want Ek sal nou ’n nuwe Jerusalem maak,’n Jerusalem wat juig.Sy mense sal vrolik wees.

19. Ek sal ook juig oor Jerusalem,Ek sal vrolik wees oor my volk,want hulle sal nie meerhuil en skree nie,hulle sal nie vra dat iemandhulle moet help nie.

20. Kinders sal nie jonk sterf nie,almal sal oud word.As iemand sterfwanneer hy 100 jaar is,dan sal mense sê hy was jonk.Maar as ’n sondaar 100 jaar oud word,dan sal dit die hele 100 jaarsleg gaan met hom.

21. My mense sal self woonin die huise wat hulle bou,en hulle sal self die druiwe eetvan die wingerde wat hulle plant.

22. Ander mense sal nie in hulle huise woonen hulle druiwe eet nie.Ek het my mense gekiesom aan My te behoort,hulle sal so oud word soos bome,en hulle sal self die vrugte eetvan die bome wat hulle geplant het.

23. Hulle sal nie werk totdat hulle moeg isen niks kry daarvoor nie,en hulle sal nie kinders krymet wie dit sleg sal gaan nie,want Ek sal dit goed laat gaanmet hulle en met hulle kinders.

24. Ek sal hulle antwoordvoordat hulle My roep.Hulle sal net begin bid,dan sal Ek doen wat hulle vra.

25. Wolwe en lammers sal saam wei,leeus sal gras vreet soos beeste,en die slange se kos sal stof wees.Hulle sal nie op my gewyde bergiets verkeerd doen nie,hulle sal niks breek nie.”Dit sê die Here.

Jesaja 65