Jesaja 63:2-11 Bybel vir Almal (ABA)

2. Maar hoekom is u klere so rooi?Hoekom lyk dit of U druiwe getrap hetin ’n parskuip?

3. Die Here het gesê:“Ek het alleen druiwe getrapin die parskuip,daar was niemand saam met My nie.Ek was kwaaden Ek het die volke getrap,Ek het hulle plat getrap,en hulle bloed het op my klere gespat.My klere het vol bloed geword.

4. Dit is nou die regte tyd.Ek wou my vyande strafen my volk vrymaak.

5. Ek het gekyken Ek was verbaas,daar was niemand om My te help nie.Toe het Ek dit self gedoen.Ek was kwaaden Ek het dit self gedoen.

6. Ek was kwaaden Ek het volke plat getrap,Ek het hulle doodgetrapen hulle bloed in die grondlaat wegvloei.”

7. Ek wil vertel wat die Here gedoen hetomdat Hy lief was vir ons,ek wil Hom prysoor wat Hy gedoen het.Ek wil praat oor alleswat die Here vir ons gedoen het.Hy het aangehouom goed te doen aan die volk Israel,Hy het dit gedoenomdat Hy jammer was vir hulleen baie lief was vir hulle.

8. Die Here het gesê:“Regtig, hulle is my volk,hulle is kinderswat nie vir My sal lieg nie.”Daarom het Hy hulle gered,

9. elke maal wanneer dit sleg gegaan hetmet hulle.Hy was nie hulle vyand nie,Hy was ’n Engel,en Hy self het hulle gered.Hy het hulle vrygemaakomdat Hy lief was vir hulleen jammer was vir hulle.Hy het hulle opgetel en gedra,elke dag, lank gelede.

10. Maar hulle was opstandig,hulle het sy Heilige Gees hartseer gemaak.Toe het die Here verander.Hy het hulle vyand geworden Hy het teen hulle oorlog gemaak.

11. Hy het gedink aan lank gelede,aan Moses en sy volk. Die Here het sy volk deur die see gebringsaam met Moses,die leier van sy volk.Die Here het sy Heilige Geessaam met hulle laat gaan,

Jesaja 63