Jesaja 61:6-9 Bybel vir Almal (ABA)

6. Julle self sal priesters van die Here wees,mense wat vir ons God werk.Die duur en mooi dinge van die volkesal aan julle behoort,en julle sal dit geniet en lekker eet.

7. Ander mense het julle vernederen hulle het gesê julle beteken niks,maar julle sal twee maal meer kryas wat julle voorheen gehad het,en mense sal sê julle is baie belangrik.Julle sal in julle land twee maal meer hêas ander menseen julle sal altyd bly wees.

8. Die Here sê: “Ek, die Here,is lief vir wat reg is,maar Ek haat mensewat ander mense se goed steelen wat nie reg doen aan hulle nie.Ek sal alles vir my volk geewat Ek vir hulle belowe het,Ek sal ’n verbond met hulle maak,’n verbond wat altyd sal aanhou.

9. Die ander volke sal die nageslag van my volk ken.Almal wat die mense van hierdie geslag sien,sal weet die Here seën hulle.”

Jesaja 61