14. Wanneer iemand ’n gevangene is,dan is hy haastig om vry te word.Hy wil nie sterf en afgaan na die doderyk nie,hy wil nie altyd honger wees nie.
15. Ek is julle God die Here wat die water in die see roersodat die branders wild word.My Naam is die Here wat oor alles regeer.
16. Ek het my woorde in jou mond gesiten Ek het jou toegemaak in die skaduwee van my hand.Ek het die hemeldak gemaaken Ek het die aarde op sy plek gesit.Ek het vir die mense van Sion gesê:Julle is my volk.”
17. Jerusalem, jy moet wakker word,jy moet wakker word en opstaan.Die Here was kwaad vir jou.Hy het jou laat drink uit die beker,die beker van swaarkrywat jou dronk gemaak het.Jy moes die beker leegdrink.
18. Die Here sê:“Jerusalem, jy was soos ’n vrouwat baie kinders gekry het,maar nie een kind het laterhaar hand geneem en haar gelei nie.