1. “Maar nou moet julle luister, nageslag van Jakob, my dienaars,Israeliete, Ek het julle gekies.”
2. Dit is die Here wat praat,Hy wat vir julle gemaak het,wat vir julle liggame gegee hetvoordat julle gebore is,dit is Hy wat vir julle help.Die Here sê:“Nageslag van Jakob, my dienaars,nageslag van Jesurun,Ek het julle gekies,julle moenie bang wees nie,
3. want Ek sal dit laat reënop die droë grond,daar sal strome water vloei.Ek sal my Gees na julle nageslag toe stuuren Ek sal hulle seën.
4. Hulle sal gebore word en groeisoos die gras en soos die populierbomelangs die riviere.
5. Hulle sal sê: ‘Ons behoort aan die Here,’en hulle sal dit op hulle hande skryf.Hulle sal hulleself noem‘die nageslag van Jakob, die volk Israel.’ ”
6. Dit is die Here wat praat,die Koning van Israelwat hulle vrymaak,die Here wat oor alles regeer.Hy sê: “Ek was altyd Goden Ek sal altyd God wees,daar is nie ’n ander God nie.
7. Wie is soos Ek?As daar ’n ander God is,dan moet hy praat.Hy moet vir My sê wat het gebeurvandat Ek lank geledemy volk gemaak het,en Hy moet sê wat nog sal gebeur.
8. Julle moenie skrik nie,julle moenie bang wees nie,Ek het dit lank gelede vir julle gesê,en julle weet Ek is God.Is daar ’n ander God?Nee, daar is nie een nie,nie een wat kan doen wat hy sê nie.Ek weet daar is nie ’n ander God nie.”
9. “Al die mense wat beelde maak,is self niks.Hulle is lief vir die beelde,maar die beelde beteken niks.Hulle sê die beelde is gode,maar hulle sal teleurgesteld wees,want die beelde kan nie sien nieen hulle weet niks.
10. Wie maak ’n god, ’n beeldwat niks beteken nie?Wie is so dom?
11. Almal wat so ’n god aanbid,sal teleurgesteld wees.Dit is mense wat die god gemaak het,en dan kom hulle bymekaaren wag dat die god iets moet sê,maar hulle hoor niks en hulle is teleurgesteld.
12. Die man wat met yster kan werk,maak die yster warm in die vuuren hy slaan die yster met ’n hameren hy maak ’n beeld met sy sterk hande.Hy word ook honger en moeg en baie dors.
13. Die man wat met hout kan werk,meet die hout en hy teken die beeld.Hy kap en meet totdat die beeld soos ’n mens lyk,’n mooi mens,en dan sit hy die beeld in ’n tempel.
14. Die man kap ’n sederboom af,of hy kies ’n ander boomen hy wag totdat die boom groot wordtussen die ander bome in die bos,of hy plant ’n boom,en die boom word groot as dit reën.
15. Hy maak vuur met die houten hy maak hom warm,maar hy bak ook brooden hy maak ’n goden hy buig voor die god.
16. Hy maak vuur met party van die hout,en dan braai hy vleis en eettotdat hy genoeg geëet het.Hy maak hom warm en hy sê:‘Ek het lekker warm geword,die vuur het lig gemaak,en ek kon sien.’
17. Van die hout wat oorbly, maak hy ’n god.Hy buig voor die beeld en hy bid tot die beelden sê: ‘Red my, want jy is my god.’
18. Mense wat dit doen, is baie dom.Hulle oë is toe en hulle weet niewat hulle doen nie.
19. Hulle is baie dom,hulle het nie gedink dat hullevuur gemaak het met party van die houten brood gebak het op die koleen vleis gebraai en geëet het,en dat hulle ’n afgod gemaak hetvan die hout wat oorgebly het,en dat hulle nou buig voor ’n droë stuk hout nie.