9. Die koning het gehoor dat Tirhaka, die koning van die land Kus, kom om oorlog te maak teen hom. Toe die koning dit hoor, het hy boodskappers na Hiskia toe gestuur. Hy het vir die boodskappers gesê
10. hulle moet vir Hiskia, die koning van Juda, sê: “Hiskia, jy glo in jou God, maar jy moenie dat Hy jou bedrieg nie. Jou God sê die koning van Assirië sal nie Jerusalem oorwin nie. Dit is nie waar nie.
11. Jy het self gehoor wat die koning van Assirië gedoen het met al die ander lande. Hy het daardie lande verwoes. Wie sal jou red?