7. Ek sal die koning van Assirië bang laat word. Hy sal ’n boodskap kry en hy sal teruggaan na sy eie land. Daar in sy land sal iemand hom doodsteek.”
8. Die hoof-offisier het teruggegaan. Hy het gehoor dat die koning van Assirië weggegaan het van die stad Lakis en dat hy oorlog gaan maak het teen die stad Libna. Die offisier het die koning by Libna gekry.
9. Die koning het gehoor dat Tirhaka, die koning van die land Kus, kom om oorlog te maak teen hom. Toe die koning dit hoor, het hy boodskappers na Hiskia toe gestuur. Hy het vir die boodskappers gesê
10. hulle moet vir Hiskia, die koning van Juda, sê: “Hiskia, jy glo in jou God, maar jy moenie dat Hy jou bedrieg nie. Jou God sê die koning van Assirië sal nie Jerusalem oorwin nie. Dit is nie waar nie.