Jesaja 37:32-38 Bybel vir Almal (ABA)

32. Ja, mense sal kom van Jerusalem, van Sionsberg, mense wat oorgebly het en wat nog lewe. Dit sal gebeur, want die Here wat oor alles regeer, sal die mense van Juda nie alleen los nie.”

33. Daarom sê Ek, die Here, hierdie woorde oor die koning van Assirië:“Hy sal nie in hierdie stad inkom nie,hy sal nie hier met sy pyl en boog skiet nie.Hy sal nie hier sy skild kom optel om homself te beskerm nie.Hy sal nie grond teen die stad se muur gooisodat hy oor die muur kan klim nie.

34. Hy sal teruggaan op die pad wat hy gekom het,hy sal nie in hierdie stad inkom nie.”Dit het Ek, die Here, gesê.

35. Ja, Ek, die Here, sê:“Ek sal hierdie stad beskerm en red,Ek sal dit doen vir Myselfen vir my dienaar Dawid.”

36. Die Engel van die Here het gekom en Hy het 185 000 soldate in die kamp van die Assiriërs doodgemaak. Toe die Assiriërs vroeg die oggend opstaan, lê al die dooie soldate daar.

37. Koning Sanherib van Assirië het sy tente laat afslaan. Hy het teruggegaan na die stad Nineve en hy het daar gebly.

38. Eendag het hy in die tempel van sy god Nisrok gelê en bid. Sy seuns Adrammelek en Sar-Eser het hom daar met swaarde doodgesteek. Hulle het gevlug na die land Ararat, en Sanherib se seun Esar-Haddon het koning geword ná hom.

Jesaja 37