11. Jy het self gehoor wat die koning van Assirië gedoen het met al die ander lande. Hy het daardie lande verwoes. Wie sal jou red?
12. Het die ander volke se gode hulle gered toe my voorvaders hulle oorwin het? Nee. My voorvaders het die mense van Gosan en Haran oorwin, en hulle het ook die mense van die stad Resef oorwin en die mense van die land Eden wat in Telassar woon.
13. Waar is die koning van Hamat en die koning van Arpad en die konings van Sefarwajim, Hena en Awwa? Hulle is nie meer daar nie.”
14. Hiskia het die briewe geneem wat die boodskappers gebring het, en hy het dit gelees. Toe het Hiskia na die tempel gegaan en die briewe neergesit voor die Here.