Jesaja 36:4-7 Bybel vir Almal (ABA)

4. Die offisier het vir hulle gesê: “Julle moet vir koning Hiskia sê ons bring ’n boodskap van die groot koning, die koning van Assirië. Die koning vra vir Hiskia: Hiskia, dink jy iemand kan jou help?

5. Jy wil oorlog maak teen my, maar dit sal jou nie help om net te praat en planne te maak nie.

6. “Jy dink nou Egipte sal jou help, maar Egipte is soos ’n riet-kierie wat gebreek het. As jy op die riet druk, dan steek dit jou hand stukkend. Die farao, die koning van Egipte, is soos ’n riet-kierie vir almal wat dink hy sal hulle help.

7. Jy sê vir my dat julle God die Here julle sal help, maar ek sê Hy sal dit nie doen nie, want Hiskia het julle God se offer-plekke en altare afgebreek. Hiskia het vir die mense van Juda en Jerusalem gesê hulle mag net bid by die brandoffer-altaar in Jerusalem.

Jesaja 36