Jesaja 30:7-21 Bybel vir Almal (ABA)

7. Maar Egipte beteken niks,Egipte kan hulle nie help nie.Hy is ’n monster,maar hy kan niks doen nie.”

8. Jy moet dit nou in ’n boekgaan skryfen die mense van Juda moet dit sien.Jy moet dit alles skryf,sodat mense dit later kan leesen almal kan weetwat die mense van Juda gedoen het.

9. Hulle is ’n ongehoorsame volk,hulle is soos kinders wat lieg,hulle wil nie luisterwat die Here vir hulle leer nie.

10. Hulle sê vir die profete:“Julle moenie kykwanneer die Here vir julle wyswat sal gebeur nie.Julle moenie luisterwanneer Hy sê wat reg is nie.Julle moet vir ons dinge sêwat ons graag wil hoor,dit maak nie saakof dit nie waar is nie.”

11. Hulle sê: “Gaan weg,moenie met ons praatoor die Heilige God van Israel nie.”

12. Daarom sê die Heilige God van Israel nou:“Julle het nie geluisterna wat Ek vir julle gesê het nie,julle het gedink dit is regom mense te verdruk en te bedrieg.

13. Daarom sal hierdie sonde wordsoos ’n stukkende plek in ’n hoë muurwat nie regop is nie.Die muur sal skielik omval

14. en stukkend breek soos ’n kleipotwanneer iemand die pot stukkend slaan.Daar sal nie een stuk van die pot oorblyom kole uit ’n vuur te krap,of om water uit ’n dam te skep nie.”

15. Die Here, die Heilige God van Israel, het gesê:“As julle terugkom na My toeen veilig voel by My,dan sal Ek julle red.As julle stilblyen My glo en vertrou,dan sal Ek julle help.Maar julle wou dit nie doen nie.

16. Julle het gesê:‘Nee, ons vlug op perde,ons sal op vinnige perde ry.’Daarom sál julle vlug,maar die mensewat vir julle wil vang,sal vinniger as julle ry.

17. Duisend van julle sal vlugvir een van die vyand se manne,en as daar vyf van die vyandse manne kom,dan sal julle aanhou vlugtotdat net ’n paar van julle oorbly.Julle sal wees soos ’n paal of soos ’n vlagwat alleen bo-op ’n berg staan.”

18. Daarom is die Here gereedom julle te help,Hy wil julle graag helpen Hy wil weer goed wees vir julle.Daarom maak Hy alles gereedom weer goed te wees vir julle.Die Here wil dit doen,want Hy is die God wat reg doen.Dit gaan goed met almalwat glo dat Hy sal doen wat Hy belowe het.

19. Ja, volk wat in Sion woon,in Jerusalem,julle sal nooit weer huil nie.Wanneer julle die Here roepen vra Hy moet julle help,dan sal Hy weer goed wees vir julle.Dit is seker.Wanneer Hy hoor julle bid,dan sal Hy dadelik antwoord.

20. Die Here het julle laat swaarkry,maar Hy sal nou by julle wees.Hy sal vir julle leer wat om te doen,en julle sal Hom sien.

21. Wanneer julleop die verkeerde pad loop,dan sal julle hoor dat Hy agter julle praat.Hy sal sê:“Nee, hier is die regte pad,julle moet hier loop.”

Jesaja 30