Jesaja 30:2-17 Bybel vir Almal (ABA)

2. Julle vra nie vir Mywat julle moet doen nie,maar julle gaan na Egipte en julle vravir die farao dat hy julle moet beskerm.Julle dink julle sal veilig weeswanneer Egipte julle beskerm.

3. Maar julle sal teleurgesteld weeswanneer die farao julle beskerm.Dit sal vir julle niks help nie,Egipte kan julle nie beskerm nie.

4. Julle amptenare is al klaar in die stad Soan,julle boodskappers het al klaar aangekomin die stad Ganes,

5. maar daardie volk beteken niks,hulle sal julle nie kan help nie.Julle sal teleurgesteld wees,en die ander volke sal julle spot.”

6. Die Here het kwaai gepraatteen die diere in die suide.Hy het gesê:“Die boodskappers van Judabring presente vir ’n volkwat nie vir hulle kan help nie.Hulle sit die presente op hulle donkiesen hulle kameleen hulle ry deur die woestynwaar dit baie gevaarlik is.Daar is leeus en slange en drake wat vlieg.

7. Maar Egipte beteken niks,Egipte kan hulle nie help nie.Hy is ’n monster,maar hy kan niks doen nie.”

8. Jy moet dit nou in ’n boekgaan skryfen die mense van Juda moet dit sien.Jy moet dit alles skryf,sodat mense dit later kan leesen almal kan weetwat die mense van Juda gedoen het.

9. Hulle is ’n ongehoorsame volk,hulle is soos kinders wat lieg,hulle wil nie luisterwat die Here vir hulle leer nie.

10. Hulle sê vir die profete:“Julle moenie kykwanneer die Here vir julle wyswat sal gebeur nie.Julle moenie luisterwanneer Hy sê wat reg is nie.Julle moet vir ons dinge sêwat ons graag wil hoor,dit maak nie saakof dit nie waar is nie.”

11. Hulle sê: “Gaan weg,moenie met ons praatoor die Heilige God van Israel nie.”

12. Daarom sê die Heilige God van Israel nou:“Julle het nie geluisterna wat Ek vir julle gesê het nie,julle het gedink dit is regom mense te verdruk en te bedrieg.

13. Daarom sal hierdie sonde wordsoos ’n stukkende plek in ’n hoë muurwat nie regop is nie.Die muur sal skielik omval

14. en stukkend breek soos ’n kleipotwanneer iemand die pot stukkend slaan.Daar sal nie een stuk van die pot oorblyom kole uit ’n vuur te krap,of om water uit ’n dam te skep nie.”

15. Die Here, die Heilige God van Israel, het gesê:“As julle terugkom na My toeen veilig voel by My,dan sal Ek julle red.As julle stilblyen My glo en vertrou,dan sal Ek julle help.Maar julle wou dit nie doen nie.

16. Julle het gesê:‘Nee, ons vlug op perde,ons sal op vinnige perde ry.’Daarom sál julle vlug,maar die mensewat vir julle wil vang,sal vinniger as julle ry.

17. Duisend van julle sal vlugvir een van die vyand se manne,en as daar vyf van die vyandse manne kom,dan sal julle aanhou vlugtotdat net ’n paar van julle oorbly.Julle sal wees soos ’n paal of soos ’n vlagwat alleen bo-op ’n berg staan.”

Jesaja 30