Jesaja 30:15-26 Bybel vir Almal (ABA)

15. Die Here, die Heilige God van Israel, het gesê:“As julle terugkom na My toeen veilig voel by My,dan sal Ek julle red.As julle stilblyen My glo en vertrou,dan sal Ek julle help.Maar julle wou dit nie doen nie.

16. Julle het gesê:‘Nee, ons vlug op perde,ons sal op vinnige perde ry.’Daarom sál julle vlug,maar die mensewat vir julle wil vang,sal vinniger as julle ry.

17. Duisend van julle sal vlugvir een van die vyand se manne,en as daar vyf van die vyandse manne kom,dan sal julle aanhou vlugtotdat net ’n paar van julle oorbly.Julle sal wees soos ’n paal of soos ’n vlagwat alleen bo-op ’n berg staan.”

18. Daarom is die Here gereedom julle te help,Hy wil julle graag helpen Hy wil weer goed wees vir julle.Daarom maak Hy alles gereedom weer goed te wees vir julle.Die Here wil dit doen,want Hy is die God wat reg doen.Dit gaan goed met almalwat glo dat Hy sal doen wat Hy belowe het.

19. Ja, volk wat in Sion woon,in Jerusalem,julle sal nooit weer huil nie.Wanneer julle die Here roepen vra Hy moet julle help,dan sal Hy weer goed wees vir julle.Dit is seker.Wanneer Hy hoor julle bid,dan sal Hy dadelik antwoord.

20. Die Here het julle laat swaarkry,maar Hy sal nou by julle wees.Hy sal vir julle leer wat om te doen,en julle sal Hom sien.

21. Wanneer julleop die verkeerde pad loop,dan sal julle hoor dat Hy agter julle praat.Hy sal sê:“Nee, hier is die regte pad,julle moet hier loop.”

22. Dan sal julle weetdat die beelde onrein is,die beelde van afgodewat julle oorgetrek het met silwer en goud.Julle sal hulle weggooi soos vuil lappeen julle sal sê:“Ons wil hulle nie weer sien nie!”

23. Die Here sal reën geewanneer julle saad in die grond saai,en die koring sal goed groeiin die grond,die koringkorrels sal gesonden vet wees.Julle skape en bokkesal baie plek hê om te wei.

24. Julle beeste en donkieswat op die koringland werk,sal kos vreetwat julle in water sag gemaak het,kos wat julle met ’n graaf en ’n vurkgemeng het.

25. Op elke hoë berg,elke hoë heuwel,sal daar waterstrome wees.Die Here sal al sy vyande doodmaak.Daardie dag wanneer die toringsin die mure van hulle stede omval,

26. dan sal die lig van die maan helder skynsoos die lig van die son,en die lig van die sonsal sewe maal sterker skyn.Die lig sal so sterk weessoos die lig van sewe dae saam.Dan sal die Heredie seerplekke van sy volk toedraaien Hy sal die kneusplekke gesond maak,die plekke waar Hyhulle geslaan het.

Jesaja 30