11. Hulle sê: “Gaan weg,moenie met ons praatoor die Heilige God van Israel nie.”
12. Daarom sê die Heilige God van Israel nou:“Julle het nie geluisterna wat Ek vir julle gesê het nie,julle het gedink dit is regom mense te verdruk en te bedrieg.
13. Daarom sal hierdie sonde wordsoos ’n stukkende plek in ’n hoë muurwat nie regop is nie.Die muur sal skielik omval
14. en stukkend breek soos ’n kleipotwanneer iemand die pot stukkend slaan.Daar sal nie een stuk van die pot oorblyom kole uit ’n vuur te krap,of om water uit ’n dam te skep nie.”
15. Die Here, die Heilige God van Israel, het gesê:“As julle terugkom na My toeen veilig voel by My,dan sal Ek julle red.As julle stilblyen My glo en vertrou,dan sal Ek julle help.Maar julle wou dit nie doen nie.
16. Julle het gesê:‘Nee, ons vlug op perde,ons sal op vinnige perde ry.’Daarom sál julle vlug,maar die mensewat vir julle wil vang,sal vinniger as julle ry.
17. Duisend van julle sal vlugvir een van die vyand se manne,en as daar vyf van die vyandse manne kom,dan sal julle aanhou vlugtotdat net ’n paar van julle oorbly.Julle sal wees soos ’n paal of soos ’n vlagwat alleen bo-op ’n berg staan.”