Jesaja 28:23-26 Bybel vir Almal (ABA)

23. Julle moet luister,julle moet hoor wat ek sê:

24. ’n Boer hou nie aanom die grond te ploegwanneer hy iets wil saai nie.Hy hou nie aan omdie harde grond stukkend te maaken die grond gelyk te maak nie.

25. Nee, wanneer hy die grondgelyk gemaak het,dan saai hy die saad.Hy saai swartkomyn en komynen koring en sorghumen gars en spelt.Hy saai elke soort saadwaar dit moet kom.

26. Die boer weet wat om te doen,want sy God leer vir hom.

Jesaja 28