20. Niemand sal kan slaap nie.Dit sal weessoos wanneer jy wil slaapmaar die bed is te kort,jy kan nie reguit daarop lê nie,en die kombers is te klein,jy kan jouself nie daarmeetoemaak nie.”
21. Want die Here sal baie kwaad worden Hy sal kom.Hy sal kom soos Hy by Perasim-berggekom hetof soos Hy gekom hetin die Gibeon-vallei.Hy sal kom om te doenwat Hy wil doen,en dit sal iets weeswaarvan julle nie weet nie.
22. Daarom, julle moenie vir mekaarsê dit sal nie gebeur nie,want dan sal dit nog baie slegter gaanmet julle.Ek het gehoor wat sê die Here,die Here wat oor alles regeer.Hy het klaar besluit,Hy wil die hele land verwoes.
23. Julle moet luister,julle moet hoor wat ek sê:
24. ’n Boer hou nie aanom die grond te ploegwanneer hy iets wil saai nie.Hy hou nie aan omdie harde grond stukkend te maaken die grond gelyk te maak nie.
25. Nee, wanneer hy die grondgelyk gemaak het,dan saai hy die saad.Hy saai swartkomyn en komynen koring en sorghumen gars en spelt.Hy saai elke soort saadwaar dit moet kom.
26. Die boer weet wat om te doen,want sy God leer vir hom.
27. Die boer trek nie ’n dors-slee of ’n dors-waoor swartkomyn en komynom die saadkorrels uit te kry nie.Nee, hy slaan die saadkorrels uitmet ’n stok.
28. En wanneer hy die koring trapmet ’n wa en met perdeom die koringkorrels uit te haal,dan hou hy nie aan totdatdie koringkorrels stukkend is nie.Nee, hy maal die koringkorrelswanneer hy brood wil bak.
29. Dit is wonderlik dat die boerdit alles weet,maar die Here het ook dit vir hom geleer,die Here wat oor alles regeer.Die Here leer vir mense wat om te doen.