1. Die Here is kwaad. Hy het gepraat teen die vallei waar Hy vir die profete gewys het wat sal gebeur.Hoekom het al jou mensenou op die huise se dakke geklim?
2. Jy was ’n stadwaar die mense altyd geraas het,jou mense het aangehou praat en lag.Jou mense wat gesterf het,het nie in oorlog gesterf nie.
3. Jou leiers het almal gevlug.Hulle het nie oorlog gemaak nie,maar die vyande het hulle gevang.Die vyande het al jou mense gevang,daar ver waar hulle weggevlug het.
4. Daarom het ek gesê:“Moenie na my kyk nie,ek wil huil.Die vyande het slegte dinge gedoen aan my volk,maar moenie probeer om my te troos nie.”
17-18. maar almal in die paleis van jou koning is skaam oor wat jy doen. Die Here sal jou nou weggooi, ver weg. Hy sal jou gryp en Hy sal jou rol totdat jy ’n ronde bol is. Dan sal Hy jou rol tot in ’n ver land, en daar sal jy sterf. Jy is trots op jou oorlogkarre, maar die vyande sal hulle verwoes.