Jesaja 19:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here was kwaaden Hy het oor Egipte gepraat.Wanneer die Here op ’n vinnige wolk ryen na Egipte kom,dan bewe die gode van Egipte,en word die Egiptenaars bang.

2. Die Here sê:“Ek sal die Egiptenaars kwaad maakvir mekaaren hulle sal oorlog maak teen mekaar,broer teen broer,buurman teen buurman.Die een stad sal oorlog maakteen die ander stad,en die een deel van die landteen die ander deel van die land.

3. Die Egiptenaars sal nie weetwat om te doen nie,Ek sal hulle planne laat misluk.Hulle sal vir die afgode vrawat om te doen,en vir die mensewat met geeste praat.

4. Ek sal die Egiptenaarsvir ’n wrede koning gee,’n kwaai koning sal oor hulle regeer.”Dit sê die Here, die Here wat oor alles regeer.

5. Daar sal nie meer waterin die Nyl-rivier wees nie,

6. die waterslote sal stinkwanneer daar nie meer water is nie,en wanneer die riete en biesies droog word.

7. Die plante sal doodgaanlangs die Nyl-rivier en by die plekwaar die rivier in die see vloei.Alles wat die mense langs die Nyl gesaai het,sal droog word,dit sal wegwaai en verdwyn.

8. Die mense wat vishoeke en visnettein die Nyl-rivier gooi,sal huil en treur,die vissermanne sal sterf,want hulle sal nie kos hê om te eet nie.

9. Die mense wat met vlas werken wat dit kam om linne te maak,sal niks vlas hê om te kam nie.

10. Die mense wat lappe weefom klere te maak,sal net daar sit,die mense wat moet werkom geld te kry,sal niks hê nie.

11. Die amptenare in die stad Soan,die raadgewers van die farao,is dwase,hulle help nie die faraoom reg te besluit nie.Hulle kan nou nie meer vir die faraosê dat hulle slim isen dat hulle die kinders isvan die konings van lank gelede nie.

Jesaja 19