22. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Ek sal oorlog maak teen die stad Babel,daar sal niemand oorbly nie,daar sal nie ’n nageslag wees nie.
23. Ek sal Babel ’n plek maakwaar net uile woon,dit sal ’n riet-moeras wees.Ek vee Babel wegmet ’n besem wat alles verwoes.”Die Here wat oor alles regeer, het dit gesê.
24. Die Here wat oor alles regeer, het gesê:“Ek belowe,en alles wat Ek wil doen, sal gebeur.Dit sal wees soos Ek besluit het:
25. Ek sal die Assiriërs breek in my land,Ek sal hulle trap totdat hulle plat is op my berge.Ek sal die Assiriërs se juk wegvatvan die Israeliete se skouers af,die Israeliete sal nie meer die juk dra nie.”
26. Dit is wat die Here besluit hetoor die hele aarde,dit is wat Hy sal doen met al die volke.