Jesaja 1:21-24 Bybel vir Almal (ABA)

21. Die Here het ook gesê:“Julle, die mense in hierdie stad, Jerusalem,het gedoen wat Ek wil hê.Julle het reg gedoen aan almal, julle was regverdig,maar julle het ontrou geword, julle is nou moordenaars.

22. Dit is soos wanneer iemand silwer smelten grond daarby gooi,of dit is soos wanneer iemand water by bier gooi.

23. Julle amptenare luister nie na My nie,hulle is vriende van diewe.Mense betaal hulle om verkeerd te doen.Dan doen hulle nie reg in die poort nie.Hulle luister nie wat die weduwees en weeskinders sê nie.

24. Daarom praat Ek nou.Ek is die Here, die Here wat oor alles regeer,die sterk God van die Israeliete.Ek sê:Dit sal sleg gaan met julle almal wat nou my vyande is,Ek sal julle straf.

Jesaja 1