30. en in die drie-en-twintigste jaar nadat Nebukadnesar koning geword het, het die hoof-offisier Nebusaradan 745 Judeërs weggevat.Dit was almal saam 4 600 mense.
31. Koning Ewil-Merodak het besluit om goed te wees vir koning Jojagin. Dit was in die sewe-en-dertigste jaar nadat koning Jojagin van Juda ’n gevangene geword het in Babel, in die eerste jaar nadat Ewil-Merodak koning van Babel geword het, in die twaalfde maand, op die vyf-en-twintigste dag van die maand. Koning Ewil-Merodak het toe vir koning Jojagin uit die tronk laat kom.
32. Ewil-Merodak het vriendelik gepraat met Jojagin en hy het hom laat sit op ’n belangriker plek as die ander konings wat by hom in Babel was.