47. Dit moet julle weet, die tyd sal komwanneer Ek die gode van Babel sal straf.Almal in die land sal dan besef dat hulleniks beteken niewanneer die dooie mense oral in die land lê.
48. Almal in die hemel en op die aardesal sing oor Babel,want die mense wat die stad sal verwoes,kom uit die noorde.
49. Die vyande moet Babel verwoes,want Babel het baie mense van Israel laat sterf,ook mense van die hele aarde.
50. Julle wat vry weggekom heten nie gesterf het nie,julle moet gaan, julle moenie wag nie.Julle is ver van hier in ’n ander land,maar julle moet dink aan die Here,julle moet Jerusalem onthou.
51. Ons vyande het ons verneder,hulle het ons gespot, ons is skaam,want vreemde mense het ingekomin die gewyde plekke van die tempel.
52. Die Here sê:“Dit moet julle weet, die tyd sal komwanneer Ek die gode van Babel sal strafen in die hele land sal die mensewat seergekry het in die oorlog,huil en kla.
53. Babel kan probeer opklim tot in die hemel,hulle kan probeer om baie sterk te wees,maar Ek sal mense laat komwat die stad sal verwoes.”
54. Die mense hoor hoe skreedie mense van Babel,en hulle vra dat iemand hulle moet help,want dit gaan baie sleg in Galdeër-land.
55. Die Here is besig om Babel te verwoes,Hy wil hulle groot geraas laat ophou.Die vyande kom soos branders teen die stad,branders wat raas en dreun.
56. Ja, daar kom vyande oor Babel,hulle verwoes alles.Hulle vang die soldate van Babelen breek hulle pyle en boë,want die Here is ’n God wat straf,en Hy sal straf, dit is seker.