Jeremia 50:24-40 Bybel vir Almal (ABA)

24. Babel, jy het ’n vangstrik gemaak,en dit het jóú gevang,maar jy het dit nie geweet nie.Jy sit vas, want jy wou oorlog maak teen die Here.

25. Die Here het sy wapenkamer oopgemaaken Hy het sy wapens uitgehaal,want Hy is kwaad.Die Here wat oor alles regeer,wil iets doen in Galdeër-land.

26. Julle moet van oral na Babel kom,julle moet hulle koringstore oopmaak,julle moet hulle soos hope koring opmekaar gooi,julle moet hulle almal doodmaak,nie een moet aanhou lewe nie.

27. Julle moet al hulle leiers doodmaak.Dit gaan nou sleg met hulle,want die dag het gekom wanneer Ekhulle sal straf.

28. Party mense het gevlug,en hulle het vry weggekom uit Babel.Hulle het in Sion kom vertelhoe ons God die Here vir Babelgestraf het oor wat hullemet sy tempel gedoen het.

29. Julle moet baie soldate roep om na Babel te kom,almal wat met ’n pyl en boog skiet.Julle moet julle tente opslaan rondom die stad,niemand moet vry wegkom nie.Julle moet die mense van die stad strafoor alles wat hulle gedoen het,julle moet aan hulle doen wat hulleaan julle gedoen het,want hulle was opstandig teen die Here,teen die Heilige God van Israel.

30. Daarom sal hulle jongmanneop die oop stukke grond bly lê,die vyande sal al hulle soldate doodmaak.”Dit sê die Here.

31. Die Here praat, die Here wat oor alles regeer, sê:“Luister, opstandige mense,Ek is teen julle,want die dag het gekomwanneer Ek julle sal straf.

32. Die opstandige mense sal val,en niemand sal hulle optel nie,Ek sal hulle stede aan die brand steek,en alles sal verbrand.”

33. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Vyande het die Israeliete verdruk,hulle het ook die Judeërs verdruk.Vyande het hulle gevang en vasgehou,en wou hulle nie laat gaan nie.

34. Maar die God wat hulle vrymaak, is sterk,sy Naam is die Here wat oor alles regeer.Hy sal hulle help om teen hulle vyande te vegen Hy sal vrede bring in die land Israel,maar Hy sal nie vrede bring vir die mensevan Babel nie.”

35. Die Here sê:“Ek stuur mense met swaardeteen die Galdeërs,teen die mense van Babel,teen hulle amptenareen teen hulle wyse mense.

36. Ek stuur mense met swaardeteen hulle waarsêers,almal sal weet hulle is dwase.Ek stuur mense met swaarde teen hulle soldate,hulle almal sal skrik.

37. Ek stuur mense met swaarde teen hulle perdeen teen hulle oorlogkarre in Babelen teen al die soldate wat hulle gehuur het,hulle almal sal soos vroue word.Ek stuur mense met swaardeteen hulle stoorkamers,die vyande sal alles wegvat.

38. Ek stuur droogte,sodat daar nie water sal wees nie.Ek doen dit, want Babel is ’n land vol beelde,die mense is baie lief vir afgodsbeelde.

39. Daarom sal hiënassaam met woestyn-diere in Babel woon,en volstruise sal daar rondloop.Daar sal nooit weer mense woon nie,daar sal nooit weer iemand bly nie.”

40. Die Here sê:“Dit sal wees soos toe Ek Sodom en Gomorraen die ander stede daar naby verwoes het.Daar sal niemand woon nie,nie een mens sal daar wil bly nie.

Jeremia 50