6. Maar later sal Ek dit weer goed laat gaanmet die Ammoniete.”Dit sê die Here.
7. Die Here wat oor alles regeer, praat oor die land Edom. Hy sê:“Is daar nie wysheid in die stad Teman nie?Die wyse mense weet nie wat om te doen nie.Hulle wysheid het vrot geword.
8. Mense wat in Dedan woon,julle moet vlug,julle moet omdraai en diep wegkruip,want Ek sal dit sleg laat gaanmet die nageslag van Esau.Die tyd het gekom wanneer Ekhulle sal straf.
9. Wanneer ander mense julle druiwe kom pluk,dan laat hulle party druiwetrosse oorbly.Wanneer diewe in die nag kom,dan steel hulle totdat hulle genoeg het.
10. Maar Ek het self alles weggevatuit die land van Esau,Ek het die plekke oopgemaakwaar hulle wou wegkruip,hulle kan hulleself nie meer wegsteek nie.Esau het nie meer ’n nageslagof broers of bure nie,en hy lewe self nie meer nie.
11. Hulle kinders het nie pa’s nie,Ek sal vir hulle sorg,hulle weduwees moet weetdat Ek hulle sal help.”
12. Die Here sê: “Ek sal dit doen, want mense wat minder skuldig was as julle, moes die beker drink. Dink julle Ek sal sê julle is onskuldig? Ek sal dit nie doen nie, julle sal die beker moet drink, dit is seker.