Jeremia 48:45-47 Bybel vir Almal (ABA)

45. Die mense wat vlug, staan indie skaduwee van die stad Gesbon,hulle het nie meer krag nie,want ’n vuur het uit Gesbon en Sihongekom en dit het die koppe verbrandvan die Moabiete wat so gespog het.

46. Moabiete, dit sal sleg gaan met julle,die vyande het die volk van Kemos oorwin,want hulle seuns en hulle dogtersis gevangenes,die vyande vat hulle weg.

47. Maar die Here sê: “Ek sal dit later weer goed laat gaan met die Moabiete.”Dit is wat die Here gesê het oor Moab.

Jeremia 48