Jeremia 46:7-10 Bybel vir Almal (ABA)

7. Wie is dit wat oor sy walle stroomsoos die Nyl-rivier,soos ’n groot rivier met water wat raas?

8. Dit is Egipte wat oor sy walle stroomsoos ’n groot rivier met water wat raas.Egipte sê: “Ek wil oor my walle stroom,ek wil die aarde toemaak.Ek wil al die stede verwoesen die mense doodmaak wat daar woon.

9. Perde, julle moet storm, oorlogkarre, julle moet wild jaag,die soldate moet uitgaan,die soldate uit die lande Kus en Put,die soldate wat elkeen ’n skild vashou,die soldate uit die land Lud,die soldate wat elkeen ’n boogvashou en styftrek.”

10. Maar daardie dag behoortaan die Here,die Here wat oor alles regeer,dit is die dag wanneer Hysy vyande wil straf.Die vyande sal baie soldatedoodmaak,die bloed sal vloei,want dit sal ’n offer weesin die land in die noorde,by die Eufraat-rivier,’n offer vir die Here,die Here wat oor alles regeer.

Jeremia 46