2. Die Here het gepraat oor Egipte, oor die soldate van die farao Neko, koning van Egipte. Die soldate was in Karkemis by die Eufraat-rivier. Koning Nebukadnesar van Babel het die soldate van die farao oorwin in die vierde jaar nadat Jojakim, seun van Josia, koning van Juda geword het.
3. Die farao het gesê:“Julle moet die skilde neemen kom oorlog maak,
4. julle moet die perde inspanen op die ryperde klim,julle moet gereedstaanmet helms op julle koppe,julle moet die spiese skerpmaaken harnasse aantrek.”
5. Die Here sê:“Ek sien soldate wat skrik en vlug.Party soldate sterf, ander soldate vlug,hulle staan nie stil nie,hulle draai nie om nie,die vyande is rondom hulle.
6. Die vinnige mannekan nie weghardloop nie,die soldate kan nie vry wegkom nie,hulle struikel en val by die Eufraat-rivierin die noorde.”
7. Wie is dit wat oor sy walle stroomsoos die Nyl-rivier,soos ’n groot rivier met water wat raas?
8. Dit is Egipte wat oor sy walle stroomsoos ’n groot rivier met water wat raas.Egipte sê: “Ek wil oor my walle stroom,ek wil die aarde toemaak.Ek wil al die stede verwoesen die mense doodmaak wat daar woon.
9. Perde, julle moet storm, oorlogkarre, julle moet wild jaag,die soldate moet uitgaan,die soldate uit die lande Kus en Put,die soldate wat elkeen ’n skild vashou,die soldate uit die land Lud,die soldate wat elkeen ’n boogvashou en styftrek.”
10. Maar daardie dag behoortaan die Here,die Here wat oor alles regeer,dit is die dag wanneer Hysy vyande wil straf.Die vyande sal baie soldatedoodmaak,die bloed sal vloei,want dit sal ’n offer weesin die land in die noorde,by die Eufraat-rivier,’n offer vir die Here,die Here wat oor alles regeer.
11. Egipte, jy moet na Gilead gaanen jy moet balsem gaan haal,al jou eie medisyne het niegehelp nie,jy het nie gesond geword nie.
12. Die volke op die hele aardehet gehoortoe jy die oorlog verlooren toe jy skree van die pyn,want jou soldate het oor mekaar gevalen hulle het saam bly lê.
13. Die profeet Jeremia het gehoor die Here praat met hom. Dit was in die tyd toe koning Nebukadnesar van Babel gekom het om oorlog te maak teen Egipte.