Jeremia 40:5-8 Bybel vir Almal (ABA)

5. En as daar nie mense is waar jy wil woon nie, dan moet jy terugkom na Gedalja seun van Agikam seun van Safan toe. Die koning van Babel het vir Gedalja gekies en aangestel om te regeer oor die stede van Juda. Jy moet by hom bly saam met die mense, of jy kan gaan na enige plek waar jy wil.”Die hoof-offisier het vir Jeremia padkos en presente gegee en hy het Jeremia laat gaan.

6. Jeremia het na Gedalja toe in Mispa gegaan en hy het daar by hom gaan bly saam met die mense wat nog oorgebly het in die land.

7. Daar was nog offisiere van Juda in die veld. Hulle en hulle manne het gehoor dat die koning van Babel vir Gedalja gekies en aangestel het om oor die land te regeer. Gedalja moes regeer oor die mans, vroue en kinders wat nie na Babel moes gaan nie. Hulle was die arm mense van die land.

8. Die offisiere het na Gedalja toe gekom in die stad Mispa. Die offisiere was Ismael seun van Netanja, Joganan seun van Kareag, Seraja seun van Tangumet, die seuns van Efai van die stad Netofa, en Jesanja van die stad Maäka. Dit was die offisiere en hulle manne.

Jeremia 40