Jeremia 4:21-24 Bybel vir Almal (ABA)

21. Hoe lank sal ons nog sien hoe die vyandehulle vlag swaai,hoe lank sal ons nog die ramshoring hoor blaas?”

22. Die Here sê:“Dit gebeur omdat my volk dwaas is,hulle ken My nie,Hulle is dom kinders, hulle is nie verstandig nie.Hulle weet baie goed om sonde te doen,hulle weet nie hoe om goed te doen nie.”

23. Ek het na die land gekyk, en dit was leeg,niemand het daar gewoon nie.Ek het na die lug gekyk, en die sterrehet nie geskyn nie.

24. Ek het na die berge gekyk,en hulle het almal gebeween heen en weer geskud.

Jeremia 4