12. Die stormwind is die vyande, hulle kom na My toe, en nou sal Ek ook sê hoe Ek my volk sal straf.
13. “Die vyande kom aan soos ’n wolk, hulle oorlogkarre is soos ’n stormwind, hulle perde is vinniger as arende.”Die mense van Jerusalem sê: “Dit gaan sleg met ons, die vyande het ons verwoes.”
14. Die Here sê:“Mense van Jerusalem,julle moet die sonde uit julle harte uitwassodat Ek julle kan red.Hoe lank wil julle aanhou om slegte plannete maak?
15. Want mense skree uit die stad Dan,en uit die Efraim-berge vertel hullevan die vyande wat kom.
16. Julle moet vir die mense in Jerusalem sê:Die vyande is hier,hulle kom uit ’n ver land om oorlog te maakteen die stede van Juda.
17. Hulle is rondom Jerusalem soos mensewat ’n koringland oppas,want die mense van Jerusalemwas opstandig teen My.”Dit het die Here gesê.
18. Hy sê:“Hierdie dinge gebeur met julle,want julle het verkeerd gedoen.Dit sal sleg gaan met julle, baie sleg,dit sal vir julle voel soos wanneer ’n swaarddeur julle hart steek.”
19. Die mense van Juda sê:“Wanneer ons hoor die ramshoring blaasen die vyande skree,dan buig ons krom van die pyn,en ons harte klop wild,ons kan nie stil wees nie.
20. Ons hoor hulle breek al die stede af,eers die een stad, en dan die ander stad,hulle verwoes die hele land.Ons het skielik nie meer plekwaar ons kan woon nie.
21. Hoe lank sal ons nog sien hoe die vyandehulle vlag swaai,hoe lank sal ons nog die ramshoring hoor blaas?”
22. Die Here sê:“Dit gebeur omdat my volk dwaas is,hulle ken My nie,Hulle is dom kinders, hulle is nie verstandig nie.Hulle weet baie goed om sonde te doen,hulle weet nie hoe om goed te doen nie.”