Jeremia 31:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê:“Daardie dag sal Ek die God weesvan al die Israeliete,en hulle sal my volk wees.”

2. Die Here sê:“’n Volk wat nie in ’n oorlog gesterf het nie,het genade ontvang in die woestyn.Israel sal kom en hulle sal veilig woon.”

3. Die Here het gekom na sy volk wat ver van Hom is. Die Here het gesê:“Ek was lief vir julleen Ek sal aanhouom lief te wees vir julle.Julle behoort aan My,daarom hou Ek julle vas.

4. Mense van Israel,julle sal weer kinders kry,Ek sal vir julle kinders gee.Julle sal weer tamboeryne draen uitgaan om te danssaam met die ander mense wat bly is.

5. Julle sal weer wingerde plantop die berge van Samaria.Die boere sal dit planten hulle sal eerste van die druiwe eet.

6. Ja, die dag het gekom,die wagte op die berge van Samariasal skree en sê:‘Kom ons gaan na Sion, na ons God die Here toe.’ ”

7. Ja, die Here sê:“Julle moet bly wees en sing,julle moet juig oor Jakob, die hoof van die volke.Julle moet hard sing en die Here pryssodat die mense dit kan hoor.Julle moet sê: ‘Here, red asseblief u volk,red die mense van Israel wat nog lewe.’

Jeremia 31