6. Dit was die tyd toe Josia koning was. Die Here het vir my gesê:“Het jy gesien wat die mense van Israel gedoen het? Hulle het My verraai. Hulle het afgode gaan dien op elke hoë berg en onder elke groen boom.
7. Ek het gedink hulle sal na My toe terugkom nadat hulle al hierdie dinge gedoen het, maar hulle het nie teruggekom nie. Die ontrou mense van Juda het dit gesien, en hulle het ook afgode gaan dien.
8. Ek het die mense van Israel wat My verraai het, weggejaag soos ’n man vir sy vrou ’n skeibrief gee en haar wegjaag wanneer sy egbreuk gepleeg het. Maar Ek het gesien die ontrou mense van Juda word nie bang nie. Hulle het ook afgode gaan dien.
9. Dit was vir die mense van Israel maklik om afgode te dien. Hulle het die land ontwy en hulle het My gelos om afgode van hout en klip te dien.
10. Toe Ek die mense van Israel weggejaag het, het die ontrou mense van Juda gesê hulle kom terug na My toe, maar hulle het dit nie regtig gedoen nie.”Dit het die Here gesê.