Jeremia 11:20-23 Bybel vir Almal (ABA)

20. Here, U wat oor alles regeer, U is die Regverdige Regter, U weet wat mense dink. U moet vir my wys dat U my vyande straf, want ek het vir U vertel wat hulle gedoen het.

21. Die Here het gesê: “Jeremia, die manne van die stad Anatot wil jou doodmaak. Hulle het gesê: ‘Jy mag nie ’n profeet wees nie, jy mag nie sê die Here het jou gestuur nie. As jy dit doen, dan sal ons jou doodmaak.’ ”

22. Die Here wat oor alles regeer, het gesê: “Omdat hulle dit gedoen het, sal Ek hulle straf. Hulle jongmanne sal sterf in oorlog, hulle seuns en dogters sal sterf, want hulle sal nie kos hê om te eet nie.

23. Nie een van hulle sal aanhou lewe nie. Dit sal sleg gaan met die manne van Anatot wanneer Ek hulle straf.”

Jeremia 11