Hosea 12:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het gesê:“Die mense van Efraimhet aangehouom vir die Here te lieg,maar die mense van Judadien nog die heilige God.

2. Die mense van Efraimvra die Assiriërsom hulle te help,maar dit help niks.Dit is soos iemandwat die wind probeer vang.Hulle lieg oral waar hulle gaan.Hulle soek moeilikheid,want hulle beloweom die Assiriërs te dien,maar hulle stuur olyf-oliena die Egiptenaars toe.Hulle vra die Egiptenaarsmoet hulle helpteen die Assiriërs.”

3. Die Here sêdie mense van Judahet ook verkeerd gedoen,maar Hy wil noudie nageslag van Jakob straf.Hy wil hulle straf omdat hulleverkeerd gedoen het.

4. Jakob was skelmvoordat hy gebore is,hy het aan sy broerse voet vasgehou.Toe hy groot was,het hy met God gestoei.

5. Hy het met die Engelgestoei en gewen.Jakob het gehuil,en God was jammer vir hom.God het Jakob by Bet-El gekryen God het daarmet Jakob gepraat.

6. Die Here het dit gedoen.Hy is die Godwat oor alles regeer,sy Naam is: Die Here.

Hosea 12