1. Die Here het gesê:“Toe Israel ’n jong seun was,was Ek lief vir hom.Ek het my seun uit Egipte geroep.
2. Ek het die mensevan Israel geroep,maar hulle het weggegaan van My.Hulle het vir die Baäls gaan offer,hulle het vir beelde offers gebring.
3. Dit was Ék wat vir Efraimgeleer het om te loop.Ek het hulle in my arms gedra,maar hulle het nie onthoudat dit Ek iswat hulle gesond maak nie.
4. Ek was goed vir hulle,Ek was lief vir hulle.Ek het hulle gedrasoos ’n mens ’n baba dra,Ek het gebuk en vir hulle kos gegee.
5. Ek wou nie hêhulle moet teruggaanna Egipte nie,en Ek wou nie hêdie koning van Assiriëmoet oor hulle regeer nie.Maar hulle wou nie terugkomna My toe nie.
6. Daarom sal die vyandedie mense doodmaakbinne-in die stede.Die vyande sal die poorte oopbreeken hulle sal die raadgewersvan die koning doodmaak.”